GK Persei

GK Persei
GK Persei en die omringende Vuurwerk-newel.
GK Persei en die omringende Vuurwerk-newel.
Sterrebeeld Perseus
Spektraaltipe K1IV[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 03h 31m 11.82s[2]
Deklinasie +43° 54′ 16.8″[2]
Skynmagnitude (m) 0,02[3] - 14[4]
Absolute magnitude (M) -9,1 - +3,7[3]
Besonderhede
Massa (M) 1,03 + 0,39
Afstand (ligjaar) 1 440
Eienskappe
Veranderlikheid Dwergnova-tipe, kataklismies
Veelvoudigheid Dubbelster ('n witdwerg en subreus)
Ander name
GK Per, Nova Per 1901, HD 21629, HR 1057, BD+43 740a, 2MASS J03311201+4354154, 1RXS J033111.9+435427[5]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

GK Persei (ook Nova Persei 1901) was 'n helder nova wat in 1901 die eerste keer van die Aarde af gesien is. Dit is op 22 Februarie 1901 deur Thomas David Anderson, 'n geestelike van Edinburg, ontdek toe dit 'n skynbare magnitude van 2,7 gehad het.[6][7] Toe dit sy maksimum magnitude van 0,2 bereik, was dit die helderste nova van moderne tye tot met die ontdekking van Nova Aquilae 1918.

Nadat dit in die vroeë 20ste eeu tot 'n magnitude van sowat 12 of 13 verdof het, het GK Persei ongereelde uitbarstings begin vertoon van 2 tot 3 magnitudes (sowat 7 tot 15 keer sy rustende helderheid). Sedert omstreeks 1980 het dié uitbarstings redelik gereeld geword; dit duur sowat twee maande en kom omtrent elke drie jaar voor. Dit lyk dus of GK Persei van 'n klassieke nova soos Nova Aquilae 1918 in 'n tipiese dwergnova-tipe kataklismiese veranderlike ster verander het.

Om GK Persei kom die Vuurwerk-newel voor, 'n novaoorblyfsel wat in 1902 die eerste keer gesien is. Dit bestaan uit 'n verspreiende wolk gas en stofborrels wat teen tot 1 200 km/s beweeg.[8]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mr2002
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pasp109_345
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named scha
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named GCTP
  5. "HD+21629", SIMBAD (Centre de Données astronomiques de Strasbourg), http://http://simbad.u-strasbg.fr/simbad/sim-basic?Ident=Alpha+Lyncis, besoek op 2024-04-30 
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named shears
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named warner
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named noao1

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy